Francois Retief

The Tippet Life
Tied to what really matters...
Welkom!

Dagsę! My naam is Francois Retief.

Dalk wou jy nog altyd oor die belangrike dinge van die lewe nadink en gesels - maar jy is nou nie die tipe ou wat iemand daaroor sal gaan 'sien' nie... Nou ja, hier is die antwoord! Lees verder...

Vlieghengel is 'n wonderlike sport om ons te help om oor ons lewens na te dink. Ek gebruik dit graag as 'n beeld om ons te help om ons eie lewens beter te verstaan en daaroor te dink.

Die "tippet" is die dun lyn aan die punt van die dikker vlieglyn. Dis die lyn waaraan die kunsvliegie vasgemaak word. Hierdie stukkie lyn is dalk net die belangrikste deel van die hengelaar se toerusting!

Jy en ek weet dat ons lewens ook só werk: die belangrikste dinge lyk soms onbenullig - so asof mens nie eintlik veel aandag daaraan hoef te gee nie. Dis nou dinge soos "wat maak ek hier?" en "hoe gaan dit met my verhoudings?" en "maak ek 'n verskil?" en "waar is my entoesiasme vir die lewe heen?" en "hoe gaan ek eendag onthou word?" 

Ons weet mos eintlik: dis hierdie dinge wat regtig waarde het. Maar om een of ander rede kom ons dikwels nie by hierdie goed uit nie.

Ek wil jou graag help om dit beter te doen. Ek help jou graag om 'n plan te ontwerp vir jou unieke "Tippet-lewe" - waar jy stewig vasgemaak is aan dít wat vir jou regtig saakmaak.