Welkom!

Vroegoggend, terwyl die eerste sonstrale deur die mistigheid probeer kom, tel die hengelaar met 'n  plukkie van sy stok die vlieglyn van die water af op - skiet dit agtertoe uit, en dan vorentoe om die lyn saggies op die water te laat land. En die hele tyd gaan daar 'n klein "vere-goggatjie" saam - asof met 'n onsigbare lyn vas aan die vlieglyn. Die "tippet"...

Die belangrikste deel van die vlieghengelaar se toerusting is onsigbaar!  Die "tippet" is die dun lyntjie waaraan die kunsvliegie vasgemaak word. En sukses langs die viswater hang van hierdie stukkie lyn af...

Ons Lewens werk ook só:

Die belangrikste sake is onsigbaar. Daarom moet ons Tippet-vrae vra soos "hoekom is ek hier?" en "wat maak ek met my lewe?" en "hoe gaan dit met my verhoudings?" en "maak ek 'n verskil?" en "hoe gaan ek eendag onthou word?"


Dis Tippet-vrae hierdie!  Hoe klink jou antwoorde op hierdie vrae? Watter verskil kan goeie antwoorde aan jou manier van leef maak?

Jou antwoorde bepaal hóé jy vanaand gaan slaap - en hóékom jy môre opstaan! Kom ons gesels hieroor...


En dis niks anders in jou Organisasie nie:

"Wat maak ons hier?" "Watter waardes is vir ons belangrik?" "Hoe bepaal ons ons strategie?" "Hoe gaan dit met ons span?"  "Hoe maak ons met konflik?"

Dis die Tippet-vrae wat deur leiers en  bestuurders gevra word oor hulle organisasies. Ken jy die antwoorde op hierdie vrae vir jou eie organisasie? Dink net watter verskil goeie antwoorde kan maak.   Kom ons fokus saam hierop...

Dis hierdie dinge wat regtig waarde het. Maar om een of ander rede kom ons dikwels nie by hierdie goed uit nie.

Ek wil graag saam met jou 'n plan bedink om te kan lewe met 'n vaste verbintenis aan die Tippet-dinge wat jou persoonlik - en ook jou organisasie - vir altyd kan verander...

Lees gerus verder...

 
Francois Retief